Vriende van ZCVO
Bou Saam Aan Ons Toekoms!
CVO Zoutpansberg is meer as net ‘n skool – dit is ‘n gemeenskap waar Afrikaanse tradisies, Christelike waardes en uitnemende onderwys saamkom om ‘n verskil in ons kinders se lewens te maak. Ons het die voorreg om ons jongmense voor te berei vir die toekoms deur hulle toe te rus met kennis, waardes en trots in ons volkseie erfenis.
Nou het jy die geleentheid om deel te wees van hierdie groot werk.
Waarom “Vriende van CVO”?
Deur die “Vriende van CVO”-program nooi ons oud-leerders, ouers, grootouers en die plaaslike sakengemeenskap uit om ‘n positiewe verskil te maak. Jou bydrae, hoe groot of klein ook al, help ons om voort te bou aan ‘n skool wat getrou bly aan ons geloof, kultuur en taal, terwyl ons elke kind die geleenthede bied wat hulle verdien.
Wat beteken jou bydrae?
Elke skenking is ‘n belegging in die toekoms van ons skool en ons kinders. Met jou ondersteuning verseker ons dat CVO Zoutpansberg sterk bly en steeds as ‘n baken van Afrikaanse onderwys kan voortbestaan. Jy help om ‘n omgewing te skep waar ons leerders die beste van hulself kan gee, in ‘n skool wat trots ons taal en kultuur dra.
Of jy ‘n maandelikse skenking wil maak via debietorder of ‘n eenmalige bydrae wil gee, elke rand help ons om:
- Moderne en relevante onderrig aan te bied.
- Klaslokale en fasiliteite in stand te hou.
- Verdere buitemuurse geleenthede vir ons leerders te skep.
- Ons kinders te toerus met trots in ons Afrikaner-erfenis en kultuur.
Sluit aan as ‘n Vriend van CVO
As ‘n trotse ondersteuner van die CVO-beweging en ons Christelike waardes, nooi ons jou uit om deel te word van die “Vriende van CVO”. Sluit aan deur die vorm hieronder in te vul, en ons sal jou kontak met al die nodige inligting om jou bydrae maklik te maak. Jy kan kies om ‘n eenmalige skenking te maak of om ons op ‘n gereelde basis te ondersteun met ‘n maandelikse debietorder.
Saam is ons sterker…
Saam bou ons die toekoms!
Vul die vorm in en word vandag nog ‘n Vriend van CVO. Jou bydrae maak ‘n verskil!
Kantoor Ure
M-F: 07:00 – 15:00
Adres
Rondebosch 75, H/V N1 & R578,
Louis Trichardt, 0920
Epos
info@zcvo.co.za
Telefoon
082 099 1769